logo7.jpg


Ons Visie:
Christus Ons Koning Eerste

Ons Missie:


Om die Ned. Geref. Kerk Noordkus binne die volgende 5 jaar te omskep in ‘n dinamiese gemeente waar lidmate: God se liefde sal ervaar en sy opdragte van liefde tot God en jou naaste sal uitleef; sal nastreef om te leef volgens God se wil; die Evangelie aan almal sal verkondig om sodoende die kerk van die Here Jesus Christus op- en uit- te bou en instand te hou.
Ds Alwyn Small, herder van Noordkus Gemeente saam met sy vrou, Esna en kinders, Alwyn en Alana.

Noordkus Gemeente strek oor 'n wye gebied aan die Natalse Dolfynkus, vanaf Tongaat in die Suide tot aan die Tugela Rivier in die Noorde, en binnelands tot by Maphumulu waar die beroemde Kwasisa Bantu sendingstasie is.



Daar is tans ongeveer 500 lidmate waarvan sowat 80% in die Ballito omgewing woonagtig is.
Daar word twee Eredienste op Sondag oggende gehou:
op Ballito om 08:00 asook op Stanger om 08:00

Op sending gebied ondersteun Noordkus Gemeente verskeie instansies, soos Kwasiza Bantu, Geopende Deure, die VGK Gemeente Dukuza, Haven of Rest, die Masedonië projek en nog vele ander.
Daar word ook Saterdag-oggende dienste gehou vir Zoeloe huiswerkers, waar daar baie groot vrug op die werk is.